Hoërskool Frikkie Meyer raak Nostalgies

THABAZIMBI – ‘n Massa optrede waarin leerlinge vanaf Graad 8 tot Graad 12 deelneem word volgende week aangebied in die vorm van ‘n musiekblyspel.

Daar word gesing en gedans op liedjies wat ons laat terugverlang na verskillende gebeure in elke mens se lewe. Kom ondersteun hierdie optrede by die Hoërskool wat ook deel vorm van hul 50-jarige feesvieringe. Kaartjies is beskikbaar by die Administratiewe kantore. Optredes vind plaas op Woensdag 10 Augustus, Donderdag 11 Augustus en Vrydag 12 Augustus 2011.