3 van Laerskool in Waterbergstreeksspan

Die drie rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi wat opgeneem is in die Waterbergstreeksspan, vlnr: Nimro Lategan, Iwan Lombard en Ruduan Joubert.

THABAZIMBI – Drie rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi is gekies om vir die Waterbergstreekspan uit te draf.

Hulle het gedurende 23-25 Junie deelgeneem te Hoedspruit. Die deelnemende skole was Soutpansberg, Letaba, en Pietersburg Noord. Waterbergstreekspan speel teen Lethaba en wen 17-0, teen Pietersburg Noord wen hulle 7-5 en speel Soutpansberg en wen 9-0.