Top 10 redes om dit nie te mis nie

DJ Ossewa gaan die vermaak hanteer tydens die Apiesdoring Karnaval wat Saterdag 6 Augustus by die Hervormde kerkterrein net buite Thabazimbi plaasvind.

THABAZIMBI – Die Apiesdoring Karnaval vind more, Saterdag 6 Augustus by die Hervormde kerkterrein plaas. Hier volg die kerkraad se top 10 redes waarom ieder en elk dit moet bywoon: 1. Toegang is gratis. 2.Vermaak met DJ Ossewa en Basjan die Weskusklong se lag en dansmusiek. Hierdie vermaak gaan jou vir een dag laat vergeet van “Ma se lê ma” koors wat jou soms so neerdrukkend laat voel. By ons sal jy onthou hoekom jy in Suid-Afrika wil bly! 3.  Die jakkals namaak kompetisie met R10 000-00 kontant pryse gaan jou laat skater. Maar weet, jy gaan jou verbaas oor ‘n paar jakkalse tussen ons….. jakkalse met kontant in die sak.  4. Massas biltong teen weggepryse is ‘n groot trekpleister. Waar in SA kan jy nog rooibokbiltong teen R75-00 p/kg koop? 5. Tonne bees en skaap vleis in ons slaghuis teen ou Suid Afrika pryse. Onthou daar is krediet en debietkaart fasiliteite vir diegene wat groot wil aankoop. ‘n Kitsbank van Absa sal ook beskikbaar wees vir kontant onttrekkings. 6. Pap en kaiings, pap en wildslewer, afval en stampmielies. 7. Roosterkoeke, vars gebakte brood uit die bakoond, potbrood, nat beskuit en koeke en nageregte in oorvloed. 8. Talle unieke kompetisies soos “raai die gewig van ‘n eland” en wen hom verpak en gebiltong. Ook ‘n boomklim-kompetisie, ‘n visvang om die sementdam kompetisie ens. 9. Kindervermaak met ‘n reuse tombola, spookhuis, lekkergoedstal, ‘n lewende hawe stalletjie ens. 10. Boeregasvryheid, vriendelikheid en hartlikheid.

Die Apiesdoring karnaval vind plaas DV Saterdag 6 Augustus by die Hervormde kerkterrein net buite Thabazimbi (op die Ellisras-pad) en open om 8:00. Vir meer inligting oor die karnaval gaan kyk by www.apiesdoring.org of kontak die karnavalvoorsitter Izak Joubert by 083 488 6357 of ds. Hennie van der Linde by 083 507 0335.