Grotoupa pas perfek in ons eie Grot!

Uiteindelik het Grotoupa in die KunsteGrot opgetree.  Ben Kruger het met sy skitterende spel reg laat geskied aan die karakter en die gehoor diep geraak.

Van die KunsteGrot se kant af, net ‘n woord van dank aan die teatergangers vir soveel begrip en ondersteuning. Ook aan ons donateurs en borge, baie dankie!  Ons het groot waardering.

Die volgende optrede is Nataniël in die bioskoopsaal,  ongelukkig klaar uitverkoop.  Dan sal RiVoToneel se komedie-speelseisoen iewers in  November begin. Daar kan uitgesien word na  heerlike, lekkerlag komedies.  Hou maar net die pers dop!