2 Rugbyspelers by Cravenweek

Heinrich Hermann en Sean Thungo het Laerskool Thabazimbi verteenwoordig gedurende die Cravenweek.

THABAZIMBI – Twee rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi het gedurende die Julie vakansie aan die Cravenweek deelgeneem wat vanaf 26 Junie tot 1 Julie geduur het. Dit was ‘n Interprovinsiale Kompetisie en die deelnemende provinsies was Limpopo, Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie, SWD, Griekwas, Boland, Luiperds, Bulle, Valke, Pumas, Grens Vrystaat, Noord Vrystaat, Namibië en Zimbabwe.

Die Provinsies het sake onder mekaar uitgespook en Limpopo het tot in die finaal gevorder waar hulle teen Westelike Provinsie te staan gekom het. Limpopo wen met 8 punte teenoor die 6 van Westelike Provinsie.