TAR se hondjies

‘n Husky is opgetel en soek dringend sy eienaars. Hy is goed versorg en nog jonk.

THABAZIMBI – Daar is ‘n verskeidenheid troeteldiere beskikbaar vir aanneming by Thabazimbi Animal Rescue.

‘n Baba Sharpei’tjie vra ‘n goeie huis met hope liefde, aandag en goeie versorging. Twee klein groot-ras honde soek nuwe eienaars wat mooi na hulle sal omsien. Skakel Tania by 084 885 6487 vir meer inligting.

Diegene wat hul beursies vir hierdie gemeenskapsorganisasie wil oopmaak, kan hul finansiële bydrae deponeer in hul rekening: Thabazimbi Animal Rescue, Standard Bank, Business Current Account, Rek Nr: 411000667, Takkode: 054 246.