Laerskool jagkompetisie in R189 000

Die Top 5 Verkopers van Laerskool Thabazimbi se jagkompetisie agter vlnr: Agter: Ananda Lategan 6/01 (24 boekies) en Victor Potgieter 5/34 (26 boekies). Voor vlnr: Hermien Potgieter 3/54 (18 boekies), Wandré van der Merwe 3/54 (22 boekies) en Pieter Malan 6/09 (15 boekies).

THABAZIMBI – Te midde van die koue, het Laerskool Thabazimbi ‘n jagkompetisie aangebied wat menige jagter se avontuurlus verhit het.

Die kompetisie, wat oor twee maande gestrek het, het op Woensdag 20 Julie tot ‘n einde gekom.

Volgens die skool het die leerders van asook die ouers hierdie projek uitstekend ondersteun en die skool het die fantastiese bedrag van R189 000 ingesamel.

Hierdie fondse word weer teruggeploeg in die skool om te verseker dat puik onderrig plaasvind en die skoolfonds van Laerskool Thabazimbi bekostigbaar bly vir elke ouer. Die pryse is as volg: Eerste prys (jagpakket ter waarde van R15 000 of R10 000 kontant) wenner: PG Janse van Vuuren, tweede prys: R5000 kontant: Gavelle Reynders en derde prys van R2000 het aan Kobus Reinecke gegaan. Die leerders kon lekker pryse losslaan en die pryse is as volg: Top verkoper wen R1000 kontant: Victor Potgieter 5/34. Wenklas: Uitstappie na Valley of the Waves: Gr 3/54 klas van me Ria Venter. Top 5: Uitstappie na Valley of the Waves.