Laaste kans vir Hannon-kaartjies

Hannon Bothma kom tower die vaal vroutjies van Thaba op Saterdagoggend 6 Augustus op. Moet dit nie misloop nie.

THABAZIMBI – Die gewilde “glam-guru”, Hannon Bothma kom waai sy uiters bekwame grimeerkwassies op Saterdag 6 Augustus om 09:00 in Thaba.

Die “Make Over Show” waarmee Hannon die land vol toer opsoek na vaal vroutjies wat hy professioneel omtower, word aangebied by die Hoërskool Frikkie Meyer Saal ter versterking van hul Matriekafskeid-fondse. Hannon se program, “Glam Guru” word op kykNET uitgesaai.

Die kaartjies beloop R140 per persoon, wat dan ook ‘n ligte maaltyd insluit. Kontak Antionette Jonker by 083 321 6715.