HFM Skuts by Bisley kampioenskap

Die drie .22 skuts van HFM gaan SA verteenwoordig in Augustus te Surrey, Engeland. Vlnr: Naas du Plessis, Riëtte Steenekamp en Hendrik du Plessis.

THABAZIMBI – Die .22 skuts van HFM het in April deelgeneem aan die Bisley Kampioenskappe te Bloemfontein.

Hulle het die volgende medaljes verower: Naas du Plessis wen twee brons en twee silwer, Hendrik du Plessis wen vier silwer en vier goud en Riëtte Steenekamp wen drie brons, een silwer en ses goud.

Op grond van hulle totale uitslae het hulle Junior Protea kleure verwerf en verteenwoordig Suid-Afrika op 7 tot 22 Augustus as deel van ‘n Junior Protea span by die British Junior International Bisley Match in Surrey Engeland.