Fondse benodig vir netbal-toernooi

Die Thabazimbi Netbalklub het op Saterdag 23 Julie die spanne van Pretoria Tuine oortuigend geklop en is saamgenooi na die Holiday Inn Toernooi te Kaapstad.

THABAZIMBI – Thabazimbi se Netbalklub het op Saterdag 23 Julie teen Tuine in Pretoria deelgeneem. Albei spanne triomfeer met tellings van 30-19 vir die eerste span en 23-14 vir die tweedespan.

Pretoria Tuine het hul potensiaal dadelik raakgesien en hul genooi vir die Holiday Inn Toernooi te Bellville, Kaapstad vanaf 31 Augustus tot 4 September 2011.

Die Thabazimbi Netbalklub vra die gemeenskap en sakelui om hul finansieel te ondersteun om hierdie toernooi te kan bywoon. Die klub se dames is hoofsaaklik werkende ouers wat na-uurs hul passie vir netbal uitleef.

Enige instansie of persoon wat hul weg kan oopsien om hierdie dames te befonds, kan Anneke by 083 2640 182 skakel of Chevenné by 082 658 6457.