VLU se Winter Warmers

Biebies Oelofse saam met ‘n bejaarde van Sonskyn Oord. Die VLU dames het warm handskoene en serpe uitgedeel as deel van hul winter projek.

THABAZIMBI – Die VLU dames van Koedoeskop het heerlike warm handskoene en serpe vir die bejaardes by Sonskyn Oord gaan uitdeel vir hul winter warmer projek.

Die gebreide goedjies is deur Lien Botha, Liz van Tonder en ‘n vriendin geskenk.

Die VLU se volgende vergadering is 27 Julie op Koedoeskop. Dames van Koedoeskop is welkom om saam Paper Quilling te kom doen.

Skakel vir Daleen by 0825521283.