Nog ‘n pluimpie vir Thabazimbi.

Junior lede van die Jagters en Wildsbewaaringsvereniging, Riëtte Steenekamp, Hendrik du Plessis en Naas du Plessis, het die afgelope jaar telkens met welslae aan provinsiale .22 geweerskiet kompetisies deelgeneem. Die prestasies het hul voortgesit ten tye van die Nasionale Kampioenskappe te Bloemfontein in April vanjaar.

Hulle is pas vereer met Junior Protea Kleure. Die drie sal Suid Afrika verteenwoordig op die Britse Junior Internasionale Kampioenskap te Bisley Engeland in Augustus vanjaar.

Die Thabazimbi tak is bevoorreg om die hulp en advies van Springbok skut Martin Senore te hê as afrigter. Vir sy bereidwilligheid en ondersteuning is daar baie dankbaarheid.