Jukskei Opedag funksies in Augustus

In Augustus bied twee Jukskeiklubs in Limpopo funksies aan. Dit is dan ook die begin van die nuwe seisoen vir 2011/12.

Op 6 Augustus 2011 bied Landdrosklub in Polokwane hul Opedag aan op die bane van die Unie. Om in te skryf of vir enige navrae kontak vir Anton Botha by 083 628 6094 of 015 297 7444.

Op 20 Augustus bied Tarentaleklub in Mokopane hul jaarlikse Drie-spel (drie per span) aan. As u nog wil inskryf of enige navrae het, skakel vir De Graaff Genis by 082 902 6997 aangesien slegs ‘n beperkte hoeveelheid spanne geakkommodeer kan word. Verversings sal beskikbaar wees.

Vrydag 26 Augustus word die Skole-Liga’s gespeel om 14:00 te Polokwane. Saterdag 27 Augustus is Junior keuring om 08:00. Die spelers wat gekies word sal die Unie verteenwoordig by die Bondedag vir Juniors op 15 Oktober 2011 te Oos Gauteng. Vir enige navrae skakel vir Bossie Liebenberg by 082 920 9070 of 014 772 1325.