Huis in Leeupoort brand af

‘n Huis in Leeupoort Vakansiedorp het afgebrand.

LEEUPOORT – ‘n Vakansiehuis van ‘n gesin van Rustenburg het verlede week afgebrand in Leeupoort Vakansiedorp.

Na bewering het daar ‘n probleem met die elektriese bedrading ontstaan terwyl ‘n familielid onderhoudwerk aan die huis gedoen het. Hy is ongedeerd.

Die huis, ‘n houthuis met grasdak, het heeltemal afgebrand en ‘n voertuig, wat onder die huis parkeer was, se brandstoftenk het ontplof.

Die inwoners van Leeupoort het die vuur met die beskikbare brandtoerusting help blus. Twee brandweerwaens van Thabazimbi was ook op die toneel en het die vuur onder beheer help bring.

Hennie Pauw