
THABAZIMBI – ‘n Leerder van Hoërskool Frikkie Meyer, Kele Phiri het die ATKV se Provinsiale redenaarskompetisie vir die Eerste Addisionele Taal sprekers gewen het.
Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie aangesien Kele Twanasprekend is en Afrikaans haar derde taal is. Sy neem deel aan die Nasionale ATKV-Redenaarskompetisie wat sal plaasvind op 12 Augustus 2011 te ATKV-Goudini in die Kaap. Indien enige iemand uit die gemeenskap bereid is om borgskappe beskikbaar te stel, om dit vir Kele moontlik te maak om die Nasionale kompetisie by te woon, sal dit hoog op prys gestel word. Hoërskool Frikkie Meyer kan in die verband gekontak word by 014 777 1583. ‘n Trotse HFM wens haar alle voorspoed toe vir die komende kompetisie.

