David Fourie gooi mielies by Skou

Die aantreklike David Fourie sal die skougangers tydens die jaarlikse landbou en nywerheidskou vermaak.

THABAZIMBI – David Fourie, ‘n Top 10 Idols finalis in die 2002 kompetisie tree ook tydens die Thabazimbi Landbou en Nywerheidskou die einde van Julie op.

As kind het David met die aanmoediging van sy ma, begin klavier speel terwyl hy ook sy sangtalent ontwikkel het. In 2001 het David ‘n talentkompetisie gewen. Die prys was studio-tyd om ‘n demo CD op te neem. Nadat hy as finalis in die Idols kompetisie naam gemaak het, is David deur Sony/BMG genader en het hy kort daarna sy eerste album genaamd “Land in die Suide” vrygestel.