Bosveld beeste pronk

DOMAC Brahmane van Thabazimbi se bulletjie JFW 09161 is tydens die Bosveldfees op Lephalale aangewys as die Reserwe Ras kampioen bul onder die rooi Brahmane. Hy is geteel deur JFW Pretorius.

Die feeskomitee van die Bosveldfees op Lephalale het vanjaar ‘n kwart eeu van fees gevier.

Met talle rekords wat gespat het met besoekers, uitstallers en ‘n rekordkuier in die biertuin, was dit ’n behoorlike bosveld fees.

Die bees- en boerboktelers het ook nie teruggestaan nie en spog diere is ten toon gestel.

Die Bosveld Boerbok klub het hul grootste skou nog by die fees gehou. Die Suid-Afrikaanse boerbok telersgenootskap het toestemming gegee vir ‘n spesiale skou, waar stoetvee teen kommersiele vee kon kompeteer. Joubert Fourie, ‘n SA keurder van Limpopo Melkery, het diere beoordeel en goeie wenke gegee oor punte van belang by die koop of keuring van top diere. Die beste boerbokke was as volg:

Groot kampioen en junior kampioen ram: 10/2025 van Peet van Vuuren, Senior kampioen ram: 09/046 van Tania Botha Boerbok stoet van Polokwane.

Groot kampioen en junior kampioen ooi: 10/168 van Dhidejak Boerbok stoet van Josef Kleynhans en Seuns van Lephalale. Senior kampioen ooi: 10/52 ook van Josef Kleynhans. Die beeste het drie dae lank geskou en die kompetisie was straf. Die Interras kampioen bul was ‘n Limousin bul, Pumba Ghandi, LT 074, van Kobus van Tonder van Pumba Limousins van Polokwane. Die Reserwe Interras bul was ‘n junior Simmentaler bul van Kobus en Mieta Erasmus van Lephalale, Jacmi Hanu (P).

Die Interras kampioen koei was ‘n Hugenoot, J3 Jandire, J3 06.45, geteel deur J3 Hugenote van Mike Coetzee van Louis Trichardt. Die reserwe interras vroulike dier was BEL 09/190 van Bel Brahmane van Giel Booysen en Frank Ferreira van Roedtan. Die beste paar op die skou was twee Simmentalers van Thelza Trust van Theo en Elzabe Bothma van Lephalale.

Die toppresteerders was as volg:

Simmentalers:
Manlike diere:
Ras en Junior kampioen: Jacmi Hanu (P), JME 09/26 van Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simmentalers van Lephalale
Snr kampioen: Nel Broer Bronzo, NEL 0725, van Brandt Nel van Lephalale.

Vroulike diere:
Ras en Senior kampioen: Wensim Sasha, WEN 04/20 van Theo en Elzabe Bothma van Thelza Simmentalers van Lephalale (Jacob Manare) 0823263709
Reserwe Ras en Junior kampioen: Jacmi Madba, JME 0814

Santa Gertrudis:
Manlike diere:
Ras en Junior kampioen: SANMAR 90/9 van Japie Mare van SANMAR Santa’s van Polokwane.
Reserwe Ras en Senior kampioen: INDRUK Dirk, HN 07/51 van Dr Hennie Nel van Modimolle.

Vroulike diere:
Ras en Junior kampioen: SANMAR JM 916
Reserwe Ras kampioen: WS 1040
Snr kampioen: INDRUK Magda, HN07/117

Hugenote:
Manlike diere:
Ras kampioen: J3 Bullet, J3 08/114, van J3 Hugenote van Mike Coetzee van Louis Trichardt
Reserwe Ras kampioen: J3 Wors, 06/031.
Snr kampioen: J3 Mike, J3 02/056
Junior kampioen: J3 Bullet, J3 08/114,

Vroulike diere:
Ras en Junior kampioen: J3 Jandrie, J3 06/45.
Reserwe Ras en Senior kampioen: J3 Karen J3 120

Limousins:
Manlike diere:
Ras kampioen: Pumba Ghandi, LT 074, van Kobus van Tonder van Pumba Limousins van Polokwane.
Reserwe Ras kampioen: Pumba Austen, TON 083.
Snr kampioen: Pumba Ghandi, LT 074.
Junior kampioen: Kremetart Dikkerig, PP 0849, van Kremetart Limousins.van Chris en Christi van Zyl van Marnitz.

Vroulike diere:
Ras kampioen: Kremetart Rozelle, CVZ 0713
Reserwe Ras kampioen: Kremetart Rozet, CVZ 1010
Snr kampioen: Kremetart Rozelle, CVZ 0713,
Junior kampioen: Kremetart Siska, CVZ 0906.

Rooi Brahmane:
Manlike diere:
Ras kampioen: Meadowood Dietmar, van Meadowood Brahmane van Marrinus van Jaarsveld.
Reserwe Ras kampioen: DOMAC JFW 09161 van J Pretorius van Thabazimbi
Junior kampioen: LOBRAM Pilot Three, van Hannatjie Loots se LOBRAM Brahmane van Lephalale

Vroulike diere:
Ras kampioen: Meadowood Carla, GAM 087
Reserwe Ras kampioen: LOBRAM Worldcup, LB 07140,
Snr kampioen: LOBRAM Worldcup,
Junior kampioen: Meadowood Carla,

Wit Brahmane:
Manlike diere:
Ras kampioen: True Blood, Mr JDH 118, van Andrew Smith se True Blood Brahmane.
Reserwe Ras kampioen: True Blood Mr 146
Snr kampioen: BEL 0897 van Bel Brahmane van Giel Booysen en Frank Ferreira van Roedtan.
Junior kampioen: True Blood, Mr JDH 118

Vroulike diere:
Ras kampioen: BEL 09190 van Bel Brahmane
Reserwe Ras kampioen: True Blood, JDH 198, AJS 10198
Snr kampioen: Eltricha LT 0733 van Louis Trichardt se Eltricha stoet
Junior kampioen: True Blood JDH 120.