Verlig troeteldiere se artritis dié winter

Met die winter op hande, is jou hond of kat dalk ’n bietjie minder entoesiasties om buite toe te gaan as in die somer.  Maar voor jy alles op luiheid of ouderdom blameer, lees verder. Dit kan wees dat jou beste vriend aan artritis ly,  en ’n paar eenvoudige veranderinge by die huis kan verbetering en verligting bied.

Artritis is ’n pynlike en potensiaal aftakelende gewrigstoestand wat miljoene mense wêreldwyd raak, en is die grootste rede vir chroniese pyn in honde. Artritis raak ook omtrent 20 persent van alle katte, en meer as twee derdes van katte ouer as twaalf jaar. Dit is egter nie net ou diere wat beïnvloed word nie – heup- en elmboogdisplasie sal dikwels tot artritis lei en kan van jongs af voorkom.

“Die simptome van artritis by honde is gewoonlik opvallend en sluit in styfheid, mankheid of ’n probleem om op te staan,” sê dr. Guy Fyvie, veeartsenykundige adviseur van Hill’s Pet Nutrition. “ Dit is moeiliker om die siekte by katte te diagnoseer want hulle wys nie pyn so geredelik nie. Maar ’n kat wat meer slaap, homself minder lek en moeiliker spring as vantevore kan dalk aan die siekte ly. Vra jou veearts vir ’n professionele opinie.”

As jou veearts jou troeteldier met artritis diagnoseer,  wat kan jy doen om weer ’n huppel in jou dier se stap te sit? Hier is dr. Fyvie se lys van die vyf belangrikste dinge wat jy kan doen om ’n verskil te maak.

1.       Gewigsbestuur: “ As jou dier oorgewig is, veroorsaak dit meer spanning op die gewrigte, die inflammasie vererger en dit verminder die effek van die medisyne. Die eerste stap om jou dier se lewenskwaliteit te verbeter,  is dus om van enige ekstra kilogramme ontslae te raak. Vra jou veearts  vir ’n objektiewe mening oor jou dier se gewig en advies oor ’n bewese  gewigsbestuurprogram soos die Hill’s Pet Slimmer Programme.”
2.       Oefening: “Sorg dat jou dier genoeg oefening kry. Geoefende spiere bied beter ondersteuning aan die gewrigte, en beweging verbeter soepelheid en die gesondheid van die kraakbeen,” sê Fyvie. Hy beveel kort, beheerde stappe en swem aan, asook fisioterapie en hidroterapie indien beskikbaar. “Massering en die gebruik van ligte hitte kan verligting bied en soepelheid en spiertonus verbeter. Jy sal dalk stadig moet begin. Vra jou veearts om jou te help om ’n oefenprogram te ontwikkel wat jou dier sal pas.
3.       Kos: Navorsing het getoon dat verligting so eenvoudig kan wees as om ’n spesiale dieet te voer. Nege uit tien Suid-Afrikaners wie se troeteldiere verlede jaar vir die eerste keer Hill’s Prescription Diet j/d probeer het, het gesê dat die dier na net 21 dae meer mobiel was en makliker gestap, gehardloop, gespeel en opgestaan het. Hill’s j/d is by veeartsenykundige praktyke verkrygbaar, en tans is ’n gratis sak beskikbaar vir katte en honde wat nog nie voorheen Hill’s j/d probeer het nie. Hierdie aanbod geld net solank voorrade hou. Praat dus so gou moontlik met jou veearts om te kyk of Hill’s j/d teen geen koste ’n verskil aan jou dier se lewe kan maak.
4.       Blyplek: ’n Sagte bed, ’n warm plek om te slaap en kos- en sandbakke wat binne bereik geplaas word, kan die lewe baie vergemaklik.
5.       Mediese intervensie: Anti-inflammatoriese en pynstillende medisyne is steeds die steunpilaar van bestuur. “Hoewel hierdie middels baie veiliger geraak het, is daar steeds kommer oor moontlike newe-effekte met langtermyngebruik. Dit is hoekom ’n geïntegreerde benadering wat dieet, gewigsbestuur, liggaamsterapie en omgewingsveranderinge insluit, nou as die beste manier beskou word om die probleem op te los,” het dr. Fyvie gesê.

Vir meer inligting oor osteoartritis in troeteldiere praat met jou veearts of besoek www.hillspet.co.za/mobility.