Vaderlike bederf by Bosveld Akademie-ete

Cornelia Holtzhauzen, Algemene Bestuurder: Anglo American, Kumba Iron Ore, Thabazimbi Myn en haar gesin by die Bosveld Akademie Vadersdagete, Hein en Rose-Lea.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie Privaatskool het op Sondag 19 Junie ‘n heerlike Vadersdag-ete ter fondsinsameling vir hul Matriekafskeid, aangebied.

Mnr Louis Fouche was die organiseerder, terwyl sy gade, Isabel Fouche vir die spyseniering gesorg het.

170 mense het die funksie bygewoon en heerlik gesmul aan die smaaklike ete. Die spyskaart het oorgeloop van watertandlekker disse soos biltongtert, wildspastei, hoender, geroosterde- en gerookte vark. Die vleise is gekomplimenteer met heerlik groentes soos blomkool en broccoli, pampoentert, boontjies in spek gerol en heerlike slaaie. Vir nagereg was daar die ou gunsteling, malvapoeding, peppermintcrisp-tert, suurlemoentert en roomys. Elke tafel het ‘n bottle wyn gekry en daar was ook vrugtesap voorsien.

Die skool bedank graag elke kind en ouer van Bosveld Akademie wat bygedra het om van hierdie dag ‘n sukses te maak. ‘n Besonderse dank aan die chef, Isabel en haar kinders en kleinkinders vir hul harde werk. Ook word die instansies bedank wat bydraes gelewer het.