Totsiens Stephanie

Stephanie Ann Smit (53) het op 21 Junie 2011 gesterf.

THABAZIMBI – Stephanie Ann Smit (53), ‘n jarelange inwoner van Amandelbult en Thabazimbi is op Dinsdag 21 Junie 2011 oorlede.

Sy laat haar eggenoot Jan, seun Rudy en dogter Lee-Ann Louw agter sowel as kleinkinders Nathan en Nadine Louw en Malan en Femke Smit. Sy was baie geliefd en sal vreeslik gemis word. Haar gesin bedank almal vir hul ondersteuning en bystand asook Doves, Oasis, die Gereformeerde kerk en Bets Snyman vir die blomme.

Die begrafnisdiens is waargeneem deur Ds Boye op Vrydag 24 Junie 2011 vanuit die Gereformeerde Kerk Thabazimbi.