Setaria Taekwondo klub vat SA’s

SETARIA – Die Limpopo span van Setaria se Taekwondo klub het die naweek van die 16 tot 18 Junie aan die SA kampioenskappe in Primrose, Johannesburg deelgeneem.
Die klub het nege studente in die Limpopo span gehad en al nege studente het met medaljes teruggekeer . Die volgende studente het wel hul SA klere verwerf: Thereasa Tolmay (instruktrise), JD Tolmay, Bianka van Rooyen, Monica van Rooyen, Dylan Pretorius, Dylan Presher, Christo Liebenberg, Paul Bruynius en Johan Liebenberg.
Belangstellendes is welkom om Theresa te kontak by 074 146 9764 vir meer inligting oor hierdie sport. Hul volgende toernooi vind plaas op 9 Julie te Groenkloof, Pretoria.