SA Presidente Kampioen van Rhino Stoeiklub

Tinus Smit, Rhino stoei-afrigter (links) saam met Tubby van der Heever, Springbok afrigter. Agter: Michelle Smit SA Presidente Kampioen 2011.

SETARIA – Michelle Smit, ‘n student van Rhino Stoei Klub het Saterdag te Polokwane by die SA Presidente kampioenskap haar tweede titel vir 2011 ingepalm.

Sy het reeds in Februarie eersteplek by die SA Gradering verower.

Haar lys van SA Kampioenskap-wenne word al hoe langer met haar agtste oorwinning onder die belt en mik sy steeds vir groter dinge in die stoei-wêreld.

Michelle vertrek vroeg in Augustus vir die Suid-Afrikaanse span-toer na Hongarye, waar sy vir die twee-week lange toer op internasionale vlak gaan meeding.