Pasta Extravaganza by Dewside

THABAZIMBI – As jy van pasta hou kan jy maar naderskuif vir die Pasta Extravaganza wat op Sondag 10 Julie by Dewside Restaurant in Tweedelaan Thabazimbi aangebied word.

Buiten die gewone vingerlek-lekker lasagnas, is daar ook spaghetti, penne, macaroni en kaas, fettucini met tradisionele frikkadelle en maalvleis. Voeg hierby gebakte groente, roomspinasie en ‘n verskeidenheid van souse en die extravaganza ontvou voor jou oë.

Buiten die glasie sjerrie vooraf is daar ook ‘n lekker aansit-verrassing. Die hele maaltyd word afgerond met ‘n gebakte poeding en vla. Dit alles net vir R50 per persoon en vir kinders onder 12 jaar is dit R30.

Die restaurant open om 11:30 en die ete word vanaf 12:00 bedien. Maak jou gerus gereed vir ‘n lekker lang kuier met die pasta en ‘n glasie wyn of wat jy ookal uit die ten volle gelisensieerde kroeg wil bestel.

Om jou tafel te verseker, skakel 014 777 1434 vanaf 12:00 tot 17:00 op Vrydag en Saterdag. Oop op Vrydae vanaf 12:00 en Saterdae vanaf 11:30. Restaurant ander weeksdae gesluit.

Vir mini-konferensiefasiliteite (tot 10 persone) skakel Pieter by 014 777 1621 (kantoorure).