Oud-Thabazimbiër dien in Potchefstroom se Stadsraad

Johann Coetzee (heelregs) tydens die inhuldiging as raadslid van Potchefstroom Stadsraad

Een van Thabazimbi se boorlinge, Johann Coetzee, is Dinsdag 31 Mei 2011, as raadslid vir die Demokratiese Alliansie in Potchefstoom, ingehuldig.

Johann (21), ‘n oud-leerling van Hoërskool Frikkie Meyer, studeer regte en politieke wetenskappe aan die Noordwes Universiteit.  Hy het betrokke geraak by die DA in sy eerste jaar waar hy as aktivis gewerk het en later die DA tak op kampus gestig het en tans nog die leier daarvan is.  Johann is die jongste raadslid ingehuldig in Potchefstroom se geskiedenis en dit dien as bewys van die diversiteit van die DA, nie net in terme van ras en geslag nie, maar ook in ouderdom.  Die DA neem die ontwikkeling van jong leiers binne hul geledere baie ernstig op, om ‘n gehalte toekoms te verseker.

Die DA het nasionaal merkwaardig gegroei; van 16,3% in 2006 na 24% in 2011.  Een uit elke vier kiesers het DA gestem in die afgelope verkiesing, wat ‘n uitstekende fondasie gelê het vir die algemene verkiesing in 2014.  As in ag geneem word dat slegs een uit elke tien mense in SA wit is, het die DA die nodige deurbraak deur rasgrense gemaak, om ‘n ware Suid-Afrikaanse party te wees vir almal.