Knus in die winter koue

Die dames en nutsmanne wat sorg dat die honde van TAR warm sal wees gedurende die winter, voor: Sonja Cronjé en Marelize Nel wat die jassies gebrei het en agter staan Rudi Joubert en Nicky Nel wat die houthuisies aanmekaar geslaan het.

THABAZIMBI – TAR-lede en –vrywilligers het die inisiatief geneem om vir die hawelose honde wat tans in TAR (Thabazimbi Animal Rescue) se hokke aangehou word, ‘n bietjie meer hitte te gee vir die bibberende koue.

Nutsmanne het hout-hondehokke gebou, terwyl die dames pragtige warm jassies gebrei het wat die honde-pelse gaan help om die diertjie knus en warm te hou. TAR bedank hulle vir hierdie hartroerende gebaar.