Grotoupa kom groet die KunsteGrot nou regtig

Ben Kruger kom nou regtig op 30 Julie as die Grotoupa in Groet die Grotoupa by die KunsteGrot optree.

THABAZIMBI – Weens twee afsonderlike administratiewe probleme van Lefra Produksies, kon Groet die Grotoupa nie by die twee bespreekte datums by die KunsteGrot optree nie.

Daar word nou beplan om Groet die Grotoupa op 30 Julie by die Kunstegrot aan te bied.  Teatergangers wat vir die eerste aanbieding van Groet die Grotoupa kaartjies gekoop het, kan dieselfde kaartjies nou gebruik om Ben Kruger in Groet die Grotoupa te sien.

Enkele kaartjies is steeds beskikbaar, kontak Rita by 083 744 8559 vir besprekings.