Fraaie hakkies vir horings

THABAZIMBI – Carla Viljoen, Limpopo se Miss Summer Teen vir 2011, reël ‘n groot liefdadigheidsbyeenkoms ten bate van Renosterbewaring as deel van haar pligte.

In ‘n motiveringsbrief kon Carla die organiseerders oorhaal om die derde Provinsiale byeenkoms wat op Saterdag 27 Augustus 2011 plaasvind in Thabazimbi eerder as Polokwane te hou.

Thabazimbi Skougronde gaan ‘n miernes van bedrywighede wees met vermaak, stalletjies en sangers, en natuurlik die High Heels for Horns pretstap wat in hakskoene gedoen gaan word. Alhoewel dit nie ‘n noodsaaklikheid is dat die pretstap in hakskoene gedoen word nie, sal slegs dié wat hul hakkies aanhet, in aanmerking kom vir sommige van die pryse wat deur die loop van die dag uitgegee gaan word, onder andere vir die beste gekleede persoon. Die inskrywingsfooi beloop R50 per volwassene en R30 per 6-12 jarige kind.

Die organiseerders beplan ook ‘n opvoedkundige praatjie oor wildbewaring.

‘n Beplande dinee met ‘n driegang maaltyd en goeie musiek deur 2009 Top 10 Idols finalis S’posh Mthetwa en Gary Forwood van Pretoria sal die aand afsluit.
Vir meer besonderhede kontak Gillian by 073 433 6315 of e-pos gillian@vngevents.co.za