Coffee Bean het ‘n nuwe wintersjas aangetrek

Coffee Bean se nuwe aansig vanaf die binnekant, waar mens sommer die snoesigheid kan aanvoel.

THABAZIMBI – Coffee Bean , in Van Der Bijlstraat 49 Thabazimbi, het laas week ‘n splinternuwe wintersjas aangetrek. Kliënte kan nou heerlik snoesig en warm kom saam kuier. Coffee Bean is nou al ‘n jaar in die bekwame hande van Alida van Wyk (eienares), terwyl Natalie Strydom (bestuurderes) aan die stuur van sake staan.

Enige weeklikse funksie tot en met 30 persone kan gereël word. “Platters” en wegneem etes kan op aanvraag gedoen word. Coffee Bean se spyskaart bestaan uit heerlike pastas, slaaie, geroosterde broodjies, tramazzini’s, ontbyt, asook heerlike tuisgebakte koek.

Vir die droë kele is daar cuppuccino’s, filter koffie, melkskommels en nog vele meer. Coffee Bean kan gekontak word by 072 338 9288.