“Battle of the Bushveld” gholftoernooi

Sunette Bridges sal die gholfspelers en hul gade vermaak na afloop van die “Battle of the Bushveld” gholftoernooi volgende naweek, 15 en 16 Julie.

THABAZIMBI – Die jaarlikse “Battle of the Bushveld” gholftoernooi word weer op 15 en 16 Julie te Thabazimbi Gholfbaan aangebied.

As deel van ‘n fondsinsamelingsprojek het die organiseerders hierdie jaar ‘n ekstra bederf ingebring, met die optrede van die talentvolle Sunette Bridges na afloop van die gholf.

Die vertoning sal 17:30 begin en 19:00 eindig. Almal is baie welkom.

Die kaartjies vir die ete sowel as die vertoning is R100 per persoon vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12 jaar. Die kaartjies is by Thabazimbi Gholf Klub te koop of skakel Lise-Ann by 076 055 1749.