85 vis vir 24 vissers

Die wenners van die Hengelkompetisie van elke kategorie. Agter vlnr: Reinhardt Maritz, Tommy Swanepoel, Piet Bezuidenhout, Leon Janse van Vuuren en Robbert. Middel vlnr: Dewaldt Maritz, Martie Murray, Hannes Scheepers en Nicolene Heydenrych. Voor vlnr: Deon Bender, Chantell Meyer en Martin Scheepers.

NORTHAM – Thaba Hengelklub se maandelikse hengelkompetisie het die afgelope naweek, 25 Junie, by Northam Platinum Konsentrator plaasgevind.

Nie eers die koue front wat oor die Limpopo geheers het kon die geesdrif van die hengelaars gestuit het nie. Die lyne is reeds vanaf 07:00 natgemaak tot en met 15:00 waarna die visse ingeweeg is. Daar was altesaam 24 hengelaars met ‘n aantal vis van 85 en ‘n totale gewig van 109.50kg.

Die wenners van die kompetisie was as volg: Seniors: Tommy Swanepoel, Hannes Scheepers en Leon Janse van Vuuren.

Dames: Chenell Murray, Nicolene Heydenrych en Martie Murray.

Junior: Reinhardt Maritz en Dewald Maritz. Penkop: Deon Bender, Martin Scheepers en Chantell Meyer.

Die Hengelklub bedank Northam Plats vir die gebruik van hulle dam tydens die kompetisie.

Thaba Hengelklub beoog om ‘n swerwers kompetisie aan te bied ter versterking van die Bosveld Akademie Privaatskool se fondse. Slegs een grootste vis van ‘n spesie sal ingeweeg word. Jagpakette is hier op die spel. Hou Die Kwêvoël dop vir verdere besonderhede.

Die volgende kompetisie gaan gedurende die naweek van 30 Julie plaasvind.

Alle nuwe belangstellendes kan die Klubvoorsitter Nico Botha kontak by 083 749 8557 of thabahengel@gmail.com of Nicolene Heydenrych Reklame by
083 348 2315.