14 Gimnaste verwerf Limpopo Kleure

Gimnaste wat presteer het tydens die Limpopo Artistiese Kompetisie te Polokwane en die North Zone kompetisie: Agter vlnr: George Sikwane (goud 14jr Rekstok) en Tegan Theron (goud 10 jr Rekstok). Voor: Naomi Campbell (goud 9jr Vloer).

POLOKWANE – Die gimnaste van die Thabazimbi Gimnastiek-klub het die naweek van 3 en 4 Junie aan die Limpopo Artistiese kompetisie te Polokwane deelgeneem.

Die gimnaste presteer goed en 14 verwerf Limpopo Kleure en word in die span opgeneem om Limpopo te verteenwoordig op die North Zone Kompetisie die naweek van 17 en 18 Junie te Kemptonpark.

Prestasies was as volg: Limpopo: Naomi Campbell eersteplek Vloer (9.10),  Tegan Theron eersteplek Rekstok en George Sikwane eersteplek Rekstok.

North Zone: Igee Theron behaal ‘n eersteplek op die Rekstok en derdeplek op die Brug, George Sikwane behaal ‘n eersteplek op die Vloer en Tegan Theron ‘n tweedeplek vir Sprong.

Die Ritmiese gimnaste het die naweek van 28 Mei gekompeteer te Polokwane waar Lynn-Marie Schoeman haar Limpopo Kleure in Vlak 1 verwerf het. Op 16 Junie neem sy deel aan die SA’s en behaal ‘n vyftiende plek.

Belangstellendes is welkom om vir die nuwe kwartaal in te skryf. Dit is ‘n goeie tyd om nou te begin aangesien al die gimnaste nou met nuwe reekse begin.

Vir navrae skakel Joey Koekemoer by 082 845 2628 of 014 772 1517 of  Maryke Theron by 083 338 0409. Ritmiese Gimnastiek – Liezel Fourie by 082 624 9227.