Sanlam besoek VLU

Cecilia, Jakkie, Arno en Elsa van Sanlam saam met Marie van VLU Thabazimbi.

THABAZIMBI – Die VLU tak van Thabazimbi is op 8 Junie deur Arno Brink en Elsa Dippenaar van Sanlam op hul maandelikse vergadering besoek.

Die Sanlam-span het ‘n voorlegging gedoen in verband met boedels en testamente. Volgens die dames was dit baie insiggewend en baie inligting is aan die dames oorgedra wat in die toekoms tot hul voordeel kan wees. Marié de Buys en Jakkie Vos was die gasvrouens. Deel van Marie se vernuf is die bak van hertzoggies wat sy aan die dames gedemostreer het. ‘n Nuwe projek word geloots deur die VLU ter ondersteuning van die Speurtak vir kinderbeskerming.

Indien u betrokke wil raak kontak Daleen Venter 0825521283.