Ons lesers skryf – Staan saam teen brand

Vrydagaand was die Rooidammers se ergste vrese bewaarheid. ‘n Brand wat seer sekerlik weer deur kabeldiewe veroorsaak is, het op Rhinomyn se grond uitgebreek.

Nietemin, die klompie klein boere het vinnig reageer en brandbeheer was dadelik geskakel. Hierdie mense was blitsvinnig op die toneel. Dit sluit in die munisipale brandweer, Kumba en Amandelbult se brandweer, selfs privaat persone het opgedaag om te kom help.

Bierspruit is nou gelukkig vol water en die het toe gekeer dat die vlammesee verder versprei. Gelukkig was daar geen wind nie.

Die Rooidam inwoners wil net weereens, vir almal wat bereid was om hulle Vrydagaand op te offer om te kom help vuur slaan, bedank.

Ems Strydom – Rooidam