Hengelaars oppad na Northam Konsentrator

NORTHAM – Die maandelikse kompetisie van Thaba Hengelklub vind op Saterdag 25 Junie te Northam Konsentrator Dam plaas.
Die kompetisie gaan stiptelik om 06:00 begin tot 17:00. Daar word om 06:00 penne getrek.
Alle belangstellendes kan Renier Coetzee, klubvoorsitter, kontak by 072 954 1774 of Nicolene Heydenrych (Reklame en Tesourier) by 083 348 2315 of e-pos thabahengel@gmail.com.