Goeie Gholf op Tjokkers Gholfdag

AMANDELBULT – Op 28 Mei 2011 is die tweede Gr R Gholfdag by die Amandelbult buiteklub aangebied met 59 spelers wat deelgeneem het.
‘n Entoesiastiese ouerkomitee, onder leiding van Tom Low het met puik reëlings gesorg dat almal hulself gate uit geniet het.
Daar is goeie gholf gespeel en die wenner van die dag was Sam Manunu, wat benewens groot pryse ook ‘n trofee ontvang het. Hierdie pryse, asook al die etes en verversings van die dag, is deur talle borge wat ruim bygedra het, moontlik gemaak.
Die hele familie kon die dag saam geniet. Daar was genoeg om te eet en te drink en springkastele vir die kleingoed om op te baljaar.