Babahondjies by TAR

Daar is heelwat babahondjies by TAR beskikbaar vir aanneming.

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue (TAR) het heelwat diere vir aanneming beskikbaar. Tans is daar ook baba hondjies en katjies. Skakel Tania by 084 885 6487. Die R20-projek is steeds oop: diegene wat hul weg kan oopsien om R20 per maand in TAR se bankrekening te betaal, sal ‘n groot gaping in hul begroting kan toestop. Die bank besonderhede is: Thabazimbi Animal Rescue, Standard Bank Business Current Account, Rek Nr: 411000667, Takkode: 054 246. Antwoord die vraag: Watter troeteldier sal ideaal wees vir my? Ek het baie liefde om aan ‘n dier te gee: Enige dier – hulle het almal liefde nodig. Ek sal goeie kos vir my troeteldier gee: Enige dier – as hulle pensies of kroppe vol is, is hulle dankbaar. Ek weet hoe om ‘n lekker warm en knus hoekie vir ‘n troeteldier te skep: Enige dier – hulle sal jou ure se genot verskaf as hulle lekker veilig kan slaap. Ek het baie tyd om aan ‘n troeteldier se opleiding te spandeer: Enige dier – enige troeteldier geniet die aandag wat hy of sy kry wanneer jy hulle toertjies wil leer. Ek het net nie genoeg geld om my troeteldier te laat steriliseer nie…: Kry dan ‘n sagte, materiaal diertjie om op jou bed te sit … om ongesteriliseerde diere aan te hou, is onverantwoordelik as jy nie ‘n geregistreerde teler is nie.