Spoed is weg

Spoed, ‘n jong mannetjieskat, het op Sondag 12 Junie weggeraak uit sy tuiste in Steenbokstraat. Daar word ‘n beloning aangebied vir die terugbesorging van hierdie geliefde huiskatjie.

THABAZIMBI – ‘n Groot versoek word gerig aan die gemeenskap van Thabazimbi om op die uitkyk te wees vir ‘n klein mannetjieskat genaamd Spoed.

Hy is ‘n grys kat van ongeveer ses maande met ‘n wit borsie, baard en wit voetjies. Hy het stekies onder sy kakebeen weens ‘n padongeluk.

Hy het Sondagmiddag 12 Junie omstreeks 13:00 weggeraak uit sy tuiste in Steenbokstraat naby Bosveld Oord. As enigiemand hom gewaar het, kontak Elize by 083 336 3192. Sy gesin is vreeslik lief vir hom en wil hom graag terug hê as iemand hom dalk opgetel het. Daar is ‘n beloning vir die persoon wat hom terugbesorg.