Slagspel gaan darem bietjie beter as die Nagspel

THABAZIMBI – Saterdag 11 Junie was Thabazimbi Golfklub se maandelikse Slagspel kompetisie en die resultate was as volg: Best Bruto: J Smit met 74 houe. Beste netto: D Moatshe met 67 houe, gevolg deur L van Graan met 70 houe en N Barnard met 72 houe.

Die weeklikse “Northam Toyota Sundowner” is deur Chris Bronkhorst gewen. Die man het in dieselfde week ook vir hom ‘n 54” Koedoe platgetrek en hy word ook daarmee geluk gewens.

Thabazimbi Golfklub is ook trots om aan te kondig dat al hul fasiliteite nou beskikbaar is vir enige privaat of werksaangeleentheid. Dit sluit in ‘n saal, kombuis, braaigeriewe en ‘n kontantkroeg. Skakel gerus die kantoor vir meer inligting by 0760551749.

“Golf is a game in which you yell ‘fore’, shoot six and write down five.” – Paul Harvey