Ons lesers skryf – ‘n Dankie aan gholfers

THABAZIMBI – Laerskool Dwaalboom wil almal bedank wat deel was van hul suksesvolle Gholfdag wat plaasgevind het op Saterdag 7 Mei.

Volgens die organiseerders was die dag ‘n reuse sukses, en sonder almal se bydrae sou dit nie moontlik gewees het nie. ‘n Spesiale dank aan Thabazimbi se Gholfkomitee, vir die gebruik van hul baan en aan elke speler wat saam gespeel het. Hulle spreek ook hul dank uit aan al die borge wat hulle so wonderlik ondersteun het. Die skool sien reeds na volgende jaar se Gholfdag uit, en nooi solank almal wat ‘n gholfstok besit om die dag saam met hulle te kom geniet.