Northam VLU verwelkom nuwe lede

Northam VLU se nuwe lede vlnr: Angela Potgieter, Sonya Venter, Bianca Conradie, Cheryl Finn en Sandra Janecke is tydens hul vergadering by die tak verwelkom.

SWARTKLIP:- Op 9 Junie 2011 het Northam VLU hul 214de vergadering gehou.

Nadat die huishoudelike sake afgehandel is, het die dames fotoraampies versier om teen hul yskaste te plak. Die Damesoggend wat op 22 Oktober gaan plaasvind, is bespreek, en die dames werk reeds geesdriftig aan “Goodies”-sakke vol geskenkies wat op elke dame se stoel gesit gaan word. Daar word ook ywerig resepte ingesamel vir ‘n Resepteboek wat teen Desember deur Northam VLU uitgegee gaan word.

Gedurende die vergadering is vyf nuwe lede van hul lapelwapens voorsien, en trots in die midde van die VLU verwelkom. Northam VLU beplan om hul volgende vergadering op 21 Julie 2011 te Northam te hou. Indien u die vergadering wil bywoon, skakel Mari Meintjes by 0147860304 of 0820864915.