LS Thaba gaan na Cravenweek

Heinrich Hermann en Sean Thungo gaan vir die O/13A rugbyspan uitdraf tydens die Laerskool Cravenweek te Pretoria.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het twee rugbyspelers wat die afgelope seisoen baie goeie rugby gespeel het en is beloon om vir die Laerskole Cravenweek te speel.

Die Cravenweek sal gehou word vanaf 26 Junie tot 1 Julie te Hoër Seunskool te Pretoria. Heinrich Hermann en Sean Thungo die kranige sal vir die O/13 A span speel gedurende die Cravenweek. Laerskool Thabazimbi is baie trots op die twee manne.