Laerskool Vanwykskraal netbal wen Liga

MAKOPPA – Laerskool Vanwykskraal se O/12B het op Vrydag 10 Junie 2011 die Limpopo Liga gewen.
Die span was na drie wedstryde die naaswenners en is deur na die semi-finaal. In die finaal ding hul mee teen Potgietersrus Laerskool (PLS) wat hul in die eerste rondte gewen het, en wen met 8 doele teenoor PLS se 5 doele.
Die afrigters, ouers en ondersteuners word hartlik bedank vir hul betrokkenheid.