Grotes by Northam Platinum Hengel Klub

Tokkie Burger het ‘n karp van 5.58kg tydens die Northam Hengelklubkompetisie uitgetrek. Hy het ook die meeste vis (53 met ‘n massa van 68 kg) vir die jaar op ‘n kompetisie gevang.

NORTHAM – Northam Platinum Hengel Klub het die naweek van 5 Junie ‘n klub kompetisie gehou. Alhoewel dit baie koud was het die vis goed gebyt en ‘n paar rekords is gebreek die naweek. Tokkie Burger het ‘n mooi karp gevang van 5,58 kg wat die swaarste karp sover vir die jaar is, en het dan ook die meeste vis vir die jaar op ‘n kompetisie gevang. Hy het 53 vis met ‘n massa van 68 kg gevang.

Die wenners van die verskillende afdelings is, Mans: Tokkie Burger eersteplek , Chris Claasen tweedeplek en  Pax van Greunen derdeplek. Dames: Cindy Cunningham eersteplek, Elna Retief tweedeplek en Vlooi van Greunen derdeplek. Juniors: Maurits Claasen eersteplek, Jaco Geldenhuis tweedeplek en Nico Geldenhuis derdeplek. Penkoppe: Monica Otto eersteplek en Juandre van Jaarsveld tweedeplek.