“One Armed Bandits” breek rekords

Die vyf “One armed bandits” soos hulle bekend staan het goed gevaar met hul eerste kompetisie saam. Agter vlnr: Shaun Anderson, Dennis Postma en Daan Theron. Voor vlnr: Anita Peens en Hennie Myburg.

PRETORIA – Die Noord Gauteng Indoors Championships op Saterdag 11 Junie het goed afgeloop.

“Hoekom het jy twee arms nodig as jy dit met een arm kan doen.” Vra Hennie Myberg, kampvegter vir een-arm boogskuts waaroor Die Kwêvoël verlede week berig het. Hennie het ‘n nuwe Afrika Kontinent en Provinsiale rekord tydens die kompetisie opgestel.

Anita Peens wat ook as deel van die “one armed bandits” van die Olifantsrivier Boogskietklub mee geding het, het ook ‘n nuwe Afrika Kontinent sowel as ‘n nuwe Provinsiale rekord opgestel. Dit was Anita se eerste boogkompetisie.

Nog ‘n presteerder was Daan Theron wat op die ouderdom van 52 met ‘n geleende boog begin skiet het. Hy het ook in die kompetisie meegeding en huiswaarts gekeer met ‘n brons medalje.

Wessel Peens wat ook onder Olifantsrivier geskiet het, het sesde in sy kategorie geëindig. Desre Pretorius wat onder Thabazimbi Boogklub geskiet het, het ook sesde in haar kategorie geëindig.

Alhoewel daar onder Olifantsrivier geskiet is, is sy eintlik ‘n lid van Thabazimbi Boogklub. Dié boogklub is tans besig om SAANA te registreer om Anita en Oom Daan te akkommodeer.