Wildveiling bring miljoene in

ALLDAYS – Die oudste wildveiling in Suid-Afrika “Greater Kuduland Safaris” wat behoort aan Mnre Peter en Howard Knott het plaasgevind op Alldays op Vrydag 3 Junie 2011 met gasverkopers Johan en Morné Gilfallan van Alldays Safaris.

As gevolg van die bekendheid van die veiling en sy uitstekende diere het ‘n groot aantal mense die veiling bygewoon.

Familiegroepe kom onder die hamer en behaal die volgende pryse: drie bastergemsbokke teen ‘n gemiddeld van R12 000, 87 blouwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R2231, 29 elande teen ‘n gemiddeld van R2673, 63 gemsbokke teen ‘n gemiddeld van R4834, 10 kameelperde teen ‘n gemiddeld van R13750, 32 koedoes teen ‘n gemiddeld van R2397, drie njalas teen ‘n gemiddeld van R6100, 262 rooibokke teen ‘n gemiddeld van R761, vier sebras teen ‘n gemiddeld van R5000, drie swartwitpense teen ‘n gemiddeld van R135 000, vyf volstruise teen ‘n gemiddeld van R3600 en 19 waterbokke teen ‘n gemiddeld van R4132.

Vir manlike diere word die volgende pryse behaal: een bastergemsbok teen R12 000, vyf blouwildebeeste teen ‘n gemiddeld van R3460, twee elande teen ‘n gemiddeld van R14 500, 14 jong gemsbokke teen ‘n gemiddeld van R4629, een koedoe teen R7000, een njala teen R6100, 14 volwasse rooibokke teen ‘n gemiddeld van R1300, 16 jong rooibokramme teen ‘n gemiddeld van R500, een swartwitpens teen R25 000 en drie waterbokke teen ‘n gemiddeld van R4334. Die totale omset vir die hokveiling het R1 851 275 beloop. Per katalogus is daar ses jong bastergemsbokke verkoop teen ‘n gemiddeld van R80 000, wat die totale omset om katalogus wild op R400 000 te staan gebring het. Die totale omset vir die veiling was R 2 251 275.