Wenke teen koue vir troeteldiere

TAR wil lesers daaraan herinner dat dit baie koud is saans.  Hier volg ‘n paar wenke om te sorg dat u troeteldiere wat buite slaap, so warm moontlik is:
* Maak seker dat die dier se hok / mandjie uit die wind is.
* ‘n Groot karton (boks) onder die dier se kombers, keer die koue van onder af.
* Karton kan ook gebruik word om die binnekant van die hok uit te voer – dit sal sorg dat die koue in ‘n mindere mate deurdring.
* Maak seker dat daar ook ‘n warm slaapplekkie vir u katte is.
* Indien die kat of hond kleintjies het, is dit soveel belangriker dat hulle ‘n warm, beskutte plek het om met die kleintjies te lê.
* Onthou dat hoenders en voëls in hokke ook teen die winterwind beskerm moet word.