Stormers Rugbytrui op die spel

THABAZIMBI – ‘n Kranige rugbyspeler van HFM, Danie Loots (Gr 11), is gekies vir die Limpopo Blou Bulle O/19 span.

Die span moet die PUK week in Potchefstroom gedurende 26 Junie bywoon en daarvoor het Danie fondse nodig om dit vir hom moontlik te maak om dit te kan bywoon. Die kostes moet reeds op 21 Junie betaal word.

Danie was verlede jaar gekies vir die AVS O/17 Bokkiespan. Hy het in April na Italië getoer en is uiteraard ‘n baie talentvolle rugbyspeler.

Die Stormers het vir hom ‘n Navy Stormers rugbytrui gestuur wat deur al die spelers geteken is wat Danie nou aanwend om fondse in te samel.

Indien u wil bie op die trui, stuur ‘n bedrag per sms of e-pos aan Riana Venter by elnprok@lantic.net of 079 914 3739 en sy sal u op hoogte hou van die bod.

Die persoon met die hoogste bod sal dus die rugbytrui kan koop.