Nog 2 vakansiedae vir leerlinge

THABAZIMBI – Skoliere van publieke skole word met nog twee vakansiedae bederf slegs ‘n week voordat die skole vir die wintervakansie sluit.

Dit volg nadat Vrydag 17 Junie, die dag ná Jeugdag, volgende Donderdag 16 Junie, ook tot skoolvakansiedag verklaar is, sê dr Granville Whittle, woordvoerder van die departement van basiese onderwys.

Die skole sluit op Vrydag 24 Junie en heropen op 18 Julie.

In Augustus wag daar weer twee vakansiedae wanneer Maandag 8 Augustus ’n skoolvakansiedag is voordat Vrouedag op 9 Augustus gevier word.

Vir die meeste ouers is hierdie bykomende vakansiedae ‘n kopseer aangesien hulle moet werk en die kinders dus aan hul eie lot oorgelaat word.