Laerskool Koedoeskop se Top 5

Die toppresteerders van Graad 7 is vlnr: Rensia Ehlers, Veronica van Deventer en Tatianna Rall. Voor vlnr: Carmen Bossert en CJ van der Merwe.

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het hul Top 5 akademiese presteerders van die eerste kwartaal aangewys. Die ouers en Personeel van Laerskool Koedoeskop wil graag Baie Geluk aan hierdie klompie leerlinge se. Die skool is trots op hulle en wens hul sterkte toe met die komende eksamens.