Bosveld Boerbokklubveiling verkoop 59 boerbokke

RUSTENBURG – Die Bosveld Boerbokklub se veiling was op 1 Junie aangebied.

Veertien bokramme verkoop teen ‘n gemiddeld van R6803.57 aan Frans Roodman deur Lukas Burger van Griekwastad. Ses en dertig bokooi verkoop teen ‘n gemiddeld van R7161.11 aan Johan van Tonder van Pretoria deur Lukas Burger. Een Kalahari red ram word vir R4000 aan Abrie Venter van Lichtenburg deur Jaco van der Merwe van Elarduspark verkoop. Agt Kalahari Red ooie word teen ‘n gemiddeld van R6718.75 aan Piet Vorster van Letsitele verkoop deur Jaco van der Merwe.

Graig le Roux was die afslaer.